Tuesday, November 18, 2008

BOTB is terug...

Ek weet nie of ek my verbeel nie maar die Internet, dis nou die selfoonnetwerke se data verbinding, en selfoonontvangs, het 'n nuwe laagtepunt in gahalte bereik.

Suid-Afrika is een van die duurste lande in die wereld wat toegang tot die internet aanbetref en die rede daarvoor is en bly maar net Telkom. Ek wonder of Telkom besef hoe hulle die land se ekonomie skade aandoen met hulle buitensporige ryse, ditto vir Vodacom, MTN en Cell C!

Laat ek maar eerder nie daaroor aangaan nie, ek onthou nog goed hoe ek eenkeer 'n geskrewe finale waarskuwing by die radio gekry het na ek in een van my programme die uitbuiting van Suid-Afrikaners met oproep en datakostes onder die luisteraars se aandag gebring het.

Ek is tans besig om Richard Branson se boek "screw it - let's do it....again" te lees en terwyl ek besig is daarmee het die gedagte onwillekeurig by my opgekom hoe sou hy gevaar het as hy in SA met swak dienslewering en selfs nie eers die basieste ban die basiese geriewe tot jou beskikkking nie, en natuurlik ook as slagoffer van regstellende aksie.... Iets om oor te dink ne!

Anyway dis 'n goeie boek en die lyn wat regdeur die boek loop is dat jy geloof moet he om suksesvol te wees. Geloof in eerstens wat jy doen, en tweedens in jouself, daarsonder kan jy nie 'n sukses van enigiets maak nie, ek is geneig om saam te stem.

Dis weer daai tyd van die jaar en dit wys jou hoe vinnig tyd verby gaan. Die Klipdrift Battle of the Bands is teru en in volle swang aan die gang.

Daar is net plek vir 110 bands om in die skryf vir die kompetisie wat weer volgende jaar by Carnival City plaasvind so jy beter nou inskryf om seker te maak jou band kom in... Jy kan inskryf op facebook by http://www.facebook.com/n/?group.php&gid=95938110439

Of jy kan natuurlik inskryf deur die volgende form te voltooi en aan my te email by info@wimpie.co.za

Klipdrift Battle of the Bands 2009 Registration Form


Band Name:..................................................................................................

Members:..................................................................................................

Contact Person:..................................................................................................

Contact Number:..................................................................................................

E-mail address :..................................................................................................

Agent : YES NO

If Yes, Name and Nr:..................................................................................................


Please pick a Participants Date for the Prelims (First Round), “X marks the spot”

Prelim Dates : 20April [ ] , 5 May [ ]
12May [ ] , 19May [ ]
26May [ ] , 2June [ ]
9June [ ] , 16June [ ]
23June [ ] , 30June [ ]

Please take Notice of the Following Dates, for they will be important if your band makes it through the Prelims.

7 JULY WILDCARD ROUND
14 JULY SEMI FINALES – ROUND 1
21 JULY SEMI FINALES – ROUND 2
31 JULY FINALE (Big Top Arena with Prime Circle and Scintillate)


THE WINNING BAND OF THE BATTLE OF THE BANDS 2009, WILL BE WALKING AWAY WITH:

• A Recording Contract
• A Music Video
• Equipment to the value of R20 000
• R10 000 cash
• Will feature as “star of the week” on Radio Platorand, Oosrand Stereo, Kragbron.
• 4 Shows at Aardklop Stages
• 3 Shows at Firkin Centurion and Boksburg






Please Read through the following and sign if agree:

I, ....................................., of the band, ....................................., hereby certify that Wimpie van der Sandt Productions may use any audio, and- or video footage of our performance during the Klipdrift battle of the bands, for Advertising, Marketing, Recording and Promotional Purposes only.

Sign : .........................................
Date : .........................................


Dankie aan Klipdrift vir julle geloof in die projek en die hernuwing van die borgskap vir 2009 wat groter en beter as die vorige jaar gaan wees, ek het 14H00 'n vergadering daaroor vanmiddag, ek sien uit daarna!

Later

Wimpie

Monday, November 17, 2008

flieks en verjaardae!

Wel die verjaarsdag is iets van die verlede en nog 'n mylpaal is verby en afgehandel, wat die jaar se feesvieringe so lekker gemaak het is dat ek die dag slegs saam met 'n handjievol mense deurgebring het in plaas van die groot getalle mense wat vorige verjaardae gekenmerk het.

Dit was lekker...

Saterdag besluit ek om die dag vir myself te neem, tel bietjie vir Wian op en dink dis tyd vir 'n movie.....ontspannend sou jy se..... glad nie, ek kry amper twee hartaanvalle in die ry by Ster-kinekor by die East Rand Mall.

Ek is op my beste, nie iemand wat daarvan hou om te wag nie. Ek probeer derhalwe, teen my eie beterwete in, kaartjies koop by die kaartjiemasjiene langs die toonbanke, ek se teen my beterwete in want ek dink ek het "ticketline" of wat ookal hulle dit noem, nog net een keer in my lewe sien werk..... Anyway voorspelbaar genoeg, werk dit weer nie en mors ek my tyd so vyf minute, terug ry toe en een van die kassiere het 'n verkeerde knoppie gedruk, ek se een van die kassiere, ek bedoel eintlik die enigste kassier.... op 'n Saterdagoggend.... nog so tien minute se staan later en ek wat ek twee keer vir die bestuurder gevra het, kry sy die sisteem uiteindelik aan die gang.

Die mense voor my het intussen weer twee keer die masjien probeer waar jy self jou kaartjies koop, sonder sukses.... my moer is teen die tyd al goed gekoer...

Sowaar die vet die mense probeer vir twee kaartjies met 'n honderd rand betaal en..... Ster Kinekor het nie kleingeld nie, ek hef my oe op na die hemele en met die sien ek die prys van die kiddies combo raak.... 'n klein koeldrank, so 180ml, 'n klein popcorn en 'n pakkie Smarties.... R38!

Met die stuur ek Ster Kinekor moer toe, verloor alle selfbeheersing en vertel hulle presies wat ek van hulle dink in geen onsekere taal nie, my meisie vra mooi ons moet loop en sleep my so half daar weg, maar nie voor ek hulle vertel in enige ander land sal hulle NIE 'n bestaansreg he nie, miskien net in Zimbabwe se babana republic....

Anyway... nog 'n interessante nadraai van die naweek is dat ek glad nie Saterdag gerook het nie, ek probeer toe vir die snaaksigheid kyk of ek deur Sondag ook kan kom, wat ek toe heel gemaklik regkry en nou het ek sommer besluit ek is klaar gerook... kom ons kyk hoe ver kom ek, o ja en ek het so 7kg verloor op my die-eet! beteken ek trek die skaal op so 83kg, ek het besluit om te mik vir 80. Net een probleem, my klere begin soos sakke aan my hang, ek dink dis 'n goeie ding!

Later

Wimpie

Thursday, November 13, 2008

Verjaardae kom so gereeld deesdae!

Hierdie is my laaste blog vir die week aangesien more 'n spesiale dag is wat ek vir myself gaan uithou en so min as moontlik werk gaan doen en bietjie aan myself gaan spandeer.

Ek onthou nog hoe opgewonde ek voorheen was op die 13e November, dit is die dag voor my verjaardag en as jong mens kon jy nie wag vir die groot verjaardag om aan te breek nie, deesdae is dit anders, net nog 'n dag en tyd om stil te staan en te kyk hoe die jaar wat verby is jou behandel het.

Hierdie jaar vir my was een van baie hoogtepunte en sy fair share van laagtepunte, die grot ding is om opte staan as jy gestuikel het, die wereld in die gesig te kyk en aan te gaan waar jy opgehou het. So 'n jaar was dit ook vir my gewees. Die jaar wat voorle is een propvol nuwe uitdagings en een waarna ek baie uitsien, ek het vrede gemaak met die wereld die afgelope jaar, lank en hard na myself in die afgelope jaar gekyk, besluit waarheen ek oppad is en watse veranderinge ek moet aanbring om uiteindelik by my doelwitte uit te kom.

Om veranderinge aan te bring is nie altyd die maklikste ding om te doen nie en somtyds vat dit baie moet en determinasie om alles in plek te kry en daar is altyd die vrees vir die onbekende.... alles dinge wat gedoen moet word en wanneer jy dit doen kan jy terugkyk na die resultate en gelukkig wees met die besluite wat jy geneem het.

Vir die meerderheid van daai besluite voel ek mee gelukkig en ek kan in alle eerlikheid se ek dink ek het die regte dinge gedoen vir my toekoms. Dit was nie maklik om die radio vaarwel te roep nie maar dis iets wat ek moes doen om my eie toekoms te verseker en druk op myself te kon plaas om my eie besigheid te bevorder, vandag, op die vooraand van so baie uitdagings, besef ek dit was die regte ding om te doen en alhoewel baie mense my vra of ek nie spyt is nie en of ek nie dalk te haastig was nie, kan ek met nabetragting se dit was die regte ding om te doen, die besluit om die mikrofoon te los was ook nie 'n impulsiewe een nie, maar een wat ek al die afgelope jaar mee geworstel het.

So..... more is die begin van nog 'n lewensjaar vir my, die slegte nuus vir al my kritici en Wimpie-haters is dat ek vir die eerste keer in my lewe meer gefokus is as enige ander tyd van my lewe, ja dit het my langer gevat as die gewone ander mense wat ek ken..... maar niks wat ek doen in my lewe is dieselfde as ander mense nie, ek het my lewe geniet tot op hierdie oomblik en ek is nie spyt oor enigiets wat ek tot dusver gedoen het nie en sal alles dieselfde oordoen as ek weer die geleentheid kry.

Mense se ek lyk nie my 41 somers nie..... ek dink ook nie ek doen nie.... en die nice ding is ek voel dit ook nie, dis net nog 'n nommer, ek is lank nie van plan om halt te roep nie, dit begin nou eers, ek is lus vir die jaar wat voorle..... hou maar vas aan die handlebars dit gaan 'n opwindende een wees! Dankie byvoorbaat vir die goeie wense en as jy wens hierdie mannetjie wil nou net verdwyn dan het ek slegte nuus vir jou, ek gaan nerens heen nie, jy gaan nog meer van my hoor of jy van my hou of nie! Here's to a good one baby....cheers!

Gister Shimmer se musiekvideo geskiet, ons het gegaan vir 'n smeulende sexy video onder in 'n basement, my nuwe partner ken sy storie en ek was gelukkig om alles in sy hande te los.... dankie Joe, die Suid-Afrikaanse musiekbedryf onderskat jou so baie en ek like dit....

Kyk uit in Desember vir twee WVDSP musiekvideo's wat jou gaan rock met 'n hoofletter R.... 41 hier kom ons, en dit gaan huge wees.... IS JY REG DAARVOOR!

As jy my verjaardag saam wil kom vier, kom maak 'n draai by Firkin Boksburg Vrydagaand, dieeerste drink is op my!

Wimpie

Wednesday, November 12, 2008

Rustyd!

Dit is weer vandag musiekvideotyd vir die uwe wat beteken dis weer vroeg Pretoria toe en in alle waarskynlikheid nog 'n laataand wat wag

Shimmer skiet die musiekvideo vir Een van daai dae, nogals in 'n basement in Pretoria vandag, klink meer gevaarlik as wat dit in werklikheid is.

Ek het hierdie week vir die eerste keer in my lewe beginne voel my ouderdom begin my inhaal, miskien is dit net sielkundig want die volgende verjaardag loer al weer so met die een oog vir my om die draai.

Gister 'n nuwe blog ontdek en toe opgelet ek het een van hulle pryse gewen.... hehehe dankie aan die manne van Daagliksedoos, 'n riem onder die hart ek se julle.

Net 'n kort post vandag daar is baie wat gedoen moet word en daar is maar min tyd om dit in te doen. Ek sal more vertel wat in die video gebeur, ek het gister amper my pa se verjaardag vergeet....ai!

Wimpie

Tuesday, November 11, 2008

Raymond se videoshoot...

Ek is moeg, gatvol en gedaan.

Die einde van die jaar moet nou vinnig kom want ek is oppad om myself totaal uit te brand, vanoggend toe ek 06h45 wakker word toe dink ek hoe lekker dit sal wees om maar net weer om te draai en verder te slaap, binne vyf minute het ek aan 12 dinge gedink wat ek onmiddelik moet doen en toe besef ek, ek het dringend 'n breek nodig.

Sondae is nie eers meer 'n rusdag vir my nie.

Raymond Ray se videoshoot het vir my al 05h30 gisteroggend begin en vanoggend om 02H00 klaargemaak, en moenie dat iemand jou vertel dis lekker nie, dieselfde scene word oor en oor en van alle angles af geskiet.

Ek plaas foto's van die shoot, ek dink dit gaan awesome wees wanneer dit klaar is..... en Woensdag skiet ons Shimmer s'n.....ai!

Op die eerste foto is die opening "scene" van die video, Raymond op die bank in die gesprek met die sielkundige, dit was net voor ek hom vyf keer op dieselfde bank moes natgooi!

Andre Leibrandt die bass speler in die video ry in my geleende kar vir die dag wat ek ook nog later vandag moet terugvat!

Op hierdie foto doen Raymond en die band die cutaway scenes van die koorgedeelte van Koel my af, dit was net voor ons Raymond se hande aan die brand gesteek het.... sorry bra!


Op die laaste foto is my assistent Adolph, besig om sy hande vuil te maak....



My dag is weer mal....hoop joune is beter.

Wimpie

Friday, November 7, 2008

Bikini's en rugby!

Reen is my tipe weer, ek is dus vanoggend sommer vroeg en lus vir die dag uit die bed uit.

Shimmer se musiekvideo beplanning vind saam die drie girls en Joe F plaas vandag en Maandag is natuurlik die beurt van Raymond Ray.

Baie reelings om te tref rondom dit alles en die tyd is nou vinnig besig om uit te loop. Die twee girls wat gekies is vir die video is stunning en lyk so.

In die video speel hulle twee sussies en in die regte lewe is hulle ook sussies. Hoe toevallig is dit nie?

Ek wil voorspel dat hierdie video 'n prys of twee iewers gaan wen, dit het baie met special effects te doen, daar is tonele waar Raymond met vuur letterlik in sy hande staan en ja manne die girls verskyn 'n paar keer in bikini's en sexy onderklere!Ek sal Maandag miskien nie blog nie aangesien ek alreeds die oggend 06H00 in Pretoria moet rapporteer.

Ek belowe ten minste om foto's te neem en op die blog te sit.

Ek het toe nou gister uiteindelik 'n nuwe foon gekry. Die Apple Iphone is alles wat hulle se, en helaas ja so moeilik om uit te werk as wat hulle ook se.... wetter!

Sterkte aan die bokke die naweek, sonder 'n losskakel! teen die Walliesers. Dit gaan 'n taaie wees, ek het al vier toetse in my lewe op Cardiff Arms, oftewel die Milleniumstadium soos hy nou bekend staan, gesien en glo my die Walliesers is passievol oor hulle rugby. As jy daar sit dink jy onwillekeurig aan die Williams boeties, JPR en JJ en ander groot geeste van Walliese rugby soos Phil Bennett en Gareth Edwards. Naas die Bokke is Wallis my gunsteling internasionale span, ek sal gewis more voor die TV wees.

Lekker naweek!

Wimpie

Thursday, November 6, 2008

Geheime

Kan jy dink die dag wat op Barack Obama wag....

Hy gaan vandag al die grootste geheime van die wereld uitvind wanneer hy sy eerste "top secret" vergadering het, dinge soos weet die Amerikaners of daar rerig UFO's bestaan ens.... fasinerend.

Die uwe is effe verdwaal vandag foonloos so dis bietjie 'n deurmekaar daggie vandag. Ek blog eers weer more.

Groetnis

Wimpie

Wednesday, November 5, 2008

BOTB alweer...

Vandag is wer die dag van die jaar wat ek die meeste verpes en ek is seker daar is baie ander wat ook so voel...

Guy Fawkes die arme DBV gaan weer hulle hande vol he die volgende paar dae, ai hoekom mense so onverantwoordelik moet wees sal net hulle weet.

Barack Obama het toe Amerika se 44e president geword en geskiedenis gemaak deur die eerste nie wit president te word. Kom ons hoop Obama kan sorg vir iets wat Bush nie kon doen nie, vrede in die midde Ooste....

Ek het gister 'n dol dag gehad met 'n laaaang vergadering met die Klipdrift manne oor aanstaande jaar se BOTB. Ek kan so bietjie die aap uit die mou laat en laat weet dat die final gaan koop met Prime Circle en moontlik Seether op die menu. Aaah ek sien uit daarna.

Ek hoop om op my verjaarsdag die besprekings te kan oopmaak vir aanstaande jaar se kompetisie. Wanneer is my verjaarsdag? Staatsgeheim, maar dis nie meer lank nie. Sal hier laat weet.

Later

Wimpie

Tuesday, November 4, 2008

Recordings en verkiesings...

Daar is so baie dinge in die nuus aan die gang op die oomblik en ek het maar my eie gevoel oor die meeste van dit, maar ongelukkig voel ek dat ek nie objektief kan kommentaar lewer op van die stories nie so ek gaan myself weerhou daarvan.

Iets waaroor ek wel kan kommentaar lewer is die Amerikaners wat vandag gaan stem en die oorweldigende gunsteling Barack Obama wat gaan poog om die eerste gekleurde Amerikaner te word wat die presidentskap inpalm.

Die Amerikaners werk op 'n unieke stelsel om hulle president aan te wys wat beteken dat die kanidaat wat die meeste individuele stemme inpalm, nie noodwendig die president word nie, dit het inderdaad in 2000 gebeur toe George W Bush minder stemme as Al Gore gekry het maar nog steeds die president geword het.

Die 50 state in Amerika het verskillende klassifikasies by die stembus en dis gereken op die hoeveelheid mense in daai staat, so is Alaska bv. veel groter as California maar laasgenoemde het meer mense en so tel Alaska se stemme net vir 2 of drie terwyl California tot soveel as 40 stemme opmaak.

Ek praat onder korreksie maar ek dink die kanidaat wat wil wen moet 271 van die sowat 540 stemme op hom vereenig om te wen, dit alles maak vir baie interessante verkiesings en ook dat dit nie rerig saak maak wat die peilings se nie enigiets kan gebeur.

Die video vir Koel my af van Raymond Ray, word Maandag in Pretoria geskiet, ek het gehoop om Shimmer se video teen die volgende dag te doen maar dit lyk nie vir my moontlik nie aangesien die girls besig is met eksamen.

Gister was 'n harde dag vir Raymond in die ateljee met vocals maar die resultate was alles waarvoor ek gehoop het. Dis nogal 'n interessante projek aangesien ek by meer as een ateljee opneem. Hierdie man se debuutalbum en video gaan 'n opskudding in die bedryf veroorsaak aangesien ek glo Joe F het daarin geslaag om 'n unieke, nuwe Afrikaanse klank vas te pen, dis nie pop nie, en dis nie rock nie, dis uniek en dis anders, ek sien uit daarna dat julle dit moet hoor.

Byron Kuntz het gister die vocals opgeneem en hy doen baie kunstenaars, onder andere Rudi Muller, Joe F, Ray Dylan, Gerhard Steyn en talle ander se opnames en hy stem saam dat hierdie nuwe klank die land gaan platloop. Ek sien uit na die revolusie!

Ek is besig, baie besig, dis jaareindfunksies en en en alles binne die volgende paar dae..eish!

Wimpie

Monday, November 3, 2008

'n Besige Formule!

Ek kon gister nie wag vir die laaste Formule 1 Grand Prix van die jaar nie en ek was nie teleurgestel nie, wat 'n wedren en wat 'n einde aan die kampioenskap toe Lewis Hamilton die wereldtitel in die tweede laaste draai van die wedren voor die neus van Phillipe Massa wegraap.

Die wedren het alles gehad wat van Formule 1 een van die grootste toeskouersportsoorte in die wereld maak, ek is 'n Ferrari aanhanger en het al amper gesien hoe Massa wegstap met die louere, maar helaas dit was nie so bestem nie. Dit was een van die heel beste Grands Prix van alle tye en Ferrari kon darem met die konstruksie louere wegstap, 'n skrale troos, maar darem!




Ek is nie iemand wat my verlustig in ander mense se smart nie en dis daarom vir my hartseer om oor die naweek te verneem dat Steve Hofmeyr en sy vrou Natasha skei na 'n huwelik van 10 jaar. Aan die ander kant het hulle huwelik byna bomenslike odds gehad om te oorleef, ek ken hulle albei persoonlik en moet se sy het my altyd opgeval as 'n opregte en eerlike vrou wat respek afdwing met haar blote teenwoordigheid, ek is jammer vir haar en dis nooit lekker as daar kinders betrokke is nie, hierdie geval is geen uitsondering nie.... Sterkte.

Ek is vanoggend vroeg alreeds in die opname ateljee saam met Raymond Ray om die vocals te doen van Koel my af saam met een van die bekendste producers in die land, die res van die week gaan spandeer word aan die musiekvideo wat 'n kookwater produksie aan wees met arme Raymond wat sy hande aan die brand gesteek gaan kry.... eerder hy as ek, en in die middel van 'n vuur gaan moet optree, dinge gaan nog warm raak, hehehe.

Dan sien ek my Brugbou borg, het moeilikheid as gevolg van aandele pryse wat 90% geval het en insiniasies van vals projeksies aan andeelhouers ens. alles dinge wat ek alreeds na my Kaapstad vergadering geweet het, soos ek alreeds by baie vorige geleenthede gese het, die volle brugbou waarheid is nog lank nie op die lappe nie en sal, soos alles wat in die donker gedoen word, in die lig geopenbaar word. Daai tyd is nou amper hier en ek verwag dat dit binnekort sal wees en sien uit daarna om te sien hoe my naam in ere herstel word, gelukkig het ek tot vandag toe nog niks gese nie.... my beurt om te praat kom nader, ek weet dit is net 'n kwessie van tyd dan kan ek my kant stel.

Dis omtrent my week, hard werk aan Raymond se produksie, dan is daar verskeie Desembermaand vertonings met drie van my kunstenaars wat vasgemaak moet word en waaraan ek besig is om te werk, Silhouette, Shimmer en Raymond Ray gaan 'n besige vakansie tydperk het, daarmee saam lyk dit of enige idees van vakansie wat ek dalk gehad het, ook by die venster uit gaan wees.

Later

Wimpie